Namibiese rooivleisuitvoere fokus op kwaliteit

‘n Namibiese landboukenner reageer op ‘n Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom, Wandile Sihlobo, wat sê landbou-uitvoere is nie ‘n eenvoudige pad nie. Daar is konsensus onder landbou-rolspelers dat volhoubare groei in die landbousektor slegs deur die uitbreiding van produksie bereik kan word. ‘n Uitbreiding van uitvoermarkte moet ‘n steunpilaar vir groei wees. Suid-Afrika het vir byna drie dekades uitgeblink in die opening van nuwe uitvoermarkte, wat die groei ondersteun het wat die sektor sedert 1994 beleef het. Plaaslike landboukundige Wallie Roux gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die Namibiese situasie.