ANC regering moet optree teen vigilante-groepe

Amnestie Internasionaal Suid-Afrika sê owerhede se gebrek aan optrede teen vigilante-groepe wat buitelandse winkeleienaars probeer dwing om hul deure te sluit, het tot straffeloosheid gelei. Dit volg op die polisie se arrestasie van minstens ses mense nadat hulle deelgeneem het aan Operasie Dudula, waarin onwettige buitelanders in Alexandra, Gauteng, die teiken was. Shenilla Mohamed van Amnestie Internasionaal Suid-Afrika sê dit is verstommend dat hierdie groepe toegelaat word om die reg in eie hande te neem, en dat die owerhede nie optree om ‘n einde te bring aan die teistering van migrante nie.