Nog maatskappye onttrek uit Rusland

Coca-Cola, PepsiCo, McDonald’s, KFC en Starbucks is die jongste in ‘n reeks bekende handelsmerke wat hulle bedrywighede in Rusland staak ná openbare druk. McDonald’s wat sowat 850 restaurante landwyd besit en 62 000 mense in diens het, sê hy kan nie langer die sinnelose menselyding in Oekraïne ignoreer nie. PepsiCo sê hy verkoop nie meer sy bekendse koeldrank in Rusland nie, maar sal voortgaan om produkte soos melk en babakos te verkoop. Starbucks wat 130 koffiewinkels in die land saam met Koeweit bestuur, sê alle bedrywighede, insluitend verskeping van produkte, word opgeskort.