ANC-leiers moenie Ramaphosa in die openbaar kritiseer nie

Die ANC se nasionale voorsitter, Gwede Mantashe, het voormalige leiers van die party oor die kole gehaal nadat hulle President Cyril Ramaphosa in die openbaar gekritiseer het. Die oudpresidente Jacob Zuma en Kgalema Motlanthe is van die leiers wat Ramaphosa gekritiseer het oor die diefstalskandaal op sy Phala Phala-plaas in Limpopo. Mantashe sê dis nooit nodig om leiers in die openbaar te beledig terwyl ANC-lede hulle mening binne die organisasie kan gee nie.