Nog mense sal seerkry – Obama

Die voortgesette demonisering van politieke opponente sal veroorsaak dat meer mense seerkry. Dit is die mening van die oud Amerikaanse president Barack Obama. Obama werf op die oomblik ondersteuning vir die Demokratiese-party in aanloop tot môre se tussenverkiesing.