Brent daal, maar is steeds hoog per vat

Oliepryse is vanoggend aan die daal nadat Chinese amptenare die naweek hul verbintenis tot ‘n streng Covid-beperkingsbenadering herhaal het. Dit het die hoop op ‘n herstel van die vraag na olie by die wêreld se voorste ru-invoerder laat terugsak. Olie het Vrydag handel afgesluit op net minder as 99 Amerikaanse dollar ‘n vat op die hoop dat China wel sy beperkings sal lig maar, dit blyk nie om die geval te wees nie. Daar word verwag dat die neiging in China tot Maart volgende jaar sal duur. Intussen het die Amerikaanse dollar ook weer versterk wat druk op olieverkope plaas en die prys effe afbring. Dit kom na Federale Reserwe-beleidmakers aangedui het dat hulle weer ’n rentekoersverhoging by hul volgende beleidsvergadering sal oorweeg.