ANC is verplig om Putin te arresteer

ActionSA sê die Suid-Afrikaanse regering het ‘n wettige verpligting onder beide plaaslike en internasionale reg om die Russiese President Vladimir Putin in hegtenis te neem sou hy Suid-Afrika in Augustus besoek vir die 15de BRICS-spitsberaad. Die Internasionale Strafhof het vroeër die maand ‘n lasbrief vir Putin se arrestasie uitgereik vir sy beweerde betrokkenheid by die onwettige deportasie van kinders uit Oekraïne. Lerato Ngobeni van ActionSA sê Suid-Afrika het in 2000 gehelp om die strafhof daar te stel: