‘Regering moet met werklose jeug gesels oor kwessies’ – Katti

Die kwessie van werklose jeug in Namibië is steeds in die nuus. Die bekende sakeman, Knowledge Katti is van mening dat jong mense wat regoor die land vir werk betoog, ‘n positiewe aksie vir Namibië is. In sy mening is dit ‘n geleentheid vir die leierskap om data in te samel en dit te gebruik om die ekonomie vir jongmense te verbeter. Hy sê die regering moet eerder met die jeug gesels en op die manier werkloosheid aanspreek. Maar, sy kommentaar lok ook kritiek uit. Sommige menings is dat die staat nie die privaatsektor bemagtig om werk te skep nie terwyl ander sê aktetas-tenderpreneurs, wat die norm is, skep nie werk nie.