‘Zim Goldrot’: Aantygings is baie, baie ernstig

‘n Zimbabwiese ekonoom het sy reaksie gegee op die Al Jazeera-dokumentêr oor onwettige handel, smokkelary en geldwassery in die land. Die onthulling impliseer die land se reserwebank sowel as senior regeringsamptenare in die onwettige swartmark-handel van goud. Die reserwebank van die buurland is van voorneme om deur middel van sy Finansiële Intelligensie-eenheid vermoedelik onwettige rykdom van een die mees invloedryke diplomate en omstrede profeet Uebert ‘Angel’ Mudzanir, te bevries. Ekonoom Eddie Cross sê aan Kosmos 94.1 Nuus die aantygings is baie ernstig.

Cross sê die bewerings dat President Emmerson Mnangagwa betrokke is, is nog nie bewys nie.