ANC gee aandag aan Zondo-ondersoek se jongste bevindings

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het bevestig die ANC gee tans aandag aan die situasie rondom die jongste bevindings van die Zondo-ondersoek waarin van sy prominente lede betrek is. Die bevindings in die verslag betrek die nasionale voorsitter, Gwede Mantashe, en ‘n lid van die Nasionale Uitvoerende Komitee, Nomvula Mokonyane. Die ANC word jare reeds beskuldig dat hy korrupte individue beskerm eerder as om hulle te vervolg.