Slegs een Covid-pasiënt in ‘n hoësorgeenheid

Die Namibiese gesondheidsministerie het tien nuwe Covid-gevalle uit 925 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 1,1 persent verteenwoordig. In die groep is vier leerders van verskillende skole. Altesaam 27 pasiënte is in hospitale en slegs een in ‘n hoësorgeenheid. Altesaam 21,3 persent van die teikenbevolking is ten volle ingeënt.