Namibiese koor is enigste in Afrika wat aan Wêreldkoor-ekspo gaan deelneem

‘n Namibiese koor, Collective Singers, het die eer te beurt geval om die enigste koor in Afrika te wees wat by die Wêreldkoor-ekspo vanaf 3 tot 7 September in Lissabon in Portugal gaan deelneem. Die Wêreldkoor-ekspo vind elke tweede jaar in Europa plaas. Die koor se dirrigent, Ponti Dikuua, sê aan Kosmos 94.1 nuus dit is iets om op trots te wees.