ANC gaan mediahuise geld vra vir nasionale konferensie

Die ANC het bevestig hy gaan mediahuise geld vra om volgende maand sy 55ste nasionale konferensie in Nasrec, Johannesburg, te dek. Die nasionale woordvoerder, Pule Mabe, sê die party werk aan mediapakkette vir die huur van infrastruktuur by die konferensie. Volgens Mabe sal media wat meer ruimte en geriewe benodig, meer betaal.