Rugby: SA A teen Munster is bonus vir breintrust

Rugby: Vanaand se kragmeting tussen Suid-Afrika A en Munster in Cork, Ierland, word beskryf as ʼn bonus vir die Springbokke se breintrust. Afrigter Mzwandile Stick het 14 Bokke in sy wedstrydgroep ingesluit wat die diepte in Suid-Afrikaanse rugby bewys, terwyl die nasionale span hom op die oorblywende drie toetse op hulle Europese toer toespits. Die Bokbestuur gaan beslis met belangstelling na die A-span kyk met volgende jaar se Wêreldbekertoernooi  in Frankryk in die agterkop. ʼn Volgepakte stadion van meer as 40 000 toeskouers word vanaand verwag. Afskop is om 9.30.