Amupanda vra koste beskermingsbevel in rooilynsaak, as hy verloor

In ‘n tussen-aansoek in sy rooilynsaak, het die leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda die hof gevra vir ‘n beskermingsbevel teen kostes. In sy mening, omdat die saak in openbare belang is, behoort hy nie gestraf te word as die saak, waar hy eis dat die rooilyn verwyder word, misluk nie. Hy voeg by dat die respondente in die saak vier advokate gebruik wat deur twee regsfirmas aangestel is. Hy voeg by die respondente kan regsfooie bekostig terwyl hy pro-bono regsverteenwoordiging moet benut. Dus sê hy daar sal geen diskriminasie wees indien hy so ‘n bevel sou bekom nie. Die respondente sluit die landbouministerie, die prokureur-generaal, die veeartsenydepartement en die Vleisraad in. Die respondente voer aan daar is geen dringende openbare belang om die kwessie van die rooilyn en die Grondwet op te los nie. Hulle meen inteendeel, dit is in die openbare belang om owerhede toe te laat om hul werk te doen en die rooilyn te beheer. Hulle sê ook Amupanda het die oorspronklike aansoek gebring om sy politieke loopbaan te bevorder. Regter Shafimana Ueitele het die saak tot 6 Desember uitgestel om ‘n verhoordatum vir die aansoek te bepaal.