Amnics Trading het fabriek geregistreer, maar geen teken van vervaardiging nie

Die omstrede 650 miljoen Namibiese dollar se gesondheidstender aan Shapwa Kanyama van Amnics Trading, bly in die nuus. Die maatskappy is ‘n tender gegee om kondome, handskoene en meer aan die gesondheidsministerie te verskaf. Kosmos 94.1 Nuus is in besit van ‘n dokument met die arbeidsministerie se briefhoof boaan, wat toon dat Amnics Trading ‘n fabriek geregistreer het. Die stempeldatum op die dokument is 20 Julie 2022. Die adres is ook verskaf. Kosmos 94.1 Nuus het die perseel besoek. Yanna Smith het die besonderhede.