Blitsbokke wil regmaak met aanhangers die naweek

Die Blitsbokke wil vergoed na ʼn redelik teleurstellende vertoning in Nieu-Seeland verlede naweek wanneer die vyfde toernooi van die Wêreldrugby Sewes-toernooi Vrydag in Australië afskop. Die Springbok Sewes was die oorwinnaars in die tweede toernooi van die reeks in Dubai en het ‘n week later vierde in Kaapstad geëindig maar strydros Zain Davids erken twee top-vier-plekke in vier toernooie is nie goed genoeg nie: