SA sal sy rentekoers môre opstoot, Namibië in Februarie ook

Die Suid-Afrikaanse rentekoers sal môre bekend wees na vandag se vergadering van die Monetêre Beleidskomitee van die Suid-Afrikaanse Reserwe Bank. Sommige ekonome het kommer dat die koers kan styg as gevolg van beurtkrag. Die koers is tans op 7 persent. Plaaslike ekonoom Cons Karamata sê internasionaal is die tendens om rentekoers te verhoog en kleiner ekonomieë sal in hul spoor volg.

Namibië se koers is reeds 25 basispunte laer as die buurland s’n en staan tans op 6,75 persent. Karamata sê wanneer die plaaslike rentekoers op 15 Februarie deur die Bank van Namibië aankondig, sal dit moet styg.