Amerikaanse koolskieter se pa het vuurwapen vier dae voor voorval gekoop

Die aanvaller se pa het die vuurwapen wat in die jongste skoolskietery in Amerika gebruik is, slegs vier dae voor die voorval gekoop. Drie kinders is by die Hoërskool Oxford in Michigan dood en agt mense gewond toe ‘n 15-jarige seun met ‘n semi-outomatiese handwapen op hul losgebrand het. Hy is daarna in hegtenis geneem. Die skietery word beskryf as die dodelikste in die Verenigde State hierdie jaar. Dit was die 28ste skietery by ‘n skool in die land vanjaar.