Amerikaanse hoërhof beëindig grondwetlike reg op aborsie

Die Amerikaanse hoërhof het in ‘n baanbreker-uitspraak die reg op aborsie beëindig. Die oorheersend konserwatiewe hof het die geskiedkundige Roe versus Wade-besluit van 1973 omgekeer, wat ‘n vrou se reg op ‘n aborsie bekragtig. Volgens die nuwe bepaling mag individuele state self die prosedure toelaat of beperk. Die regters het bevind in Roe versus Wade is verkeerdelik besluit, omdat die Amerikaanse Grondwet geen spesifieke melding van aborsieregte maak nie. Die uitspraak herstel state se vermoë om wette te aanvaar wat aborsies verbied.