Junior Springbokke skop op wennoot in Italië af

Rugby: Die Junior Springbokke het hulle veldtog by die somerreeks van die Sesnasies Onder-20’s op ʼn wennoot afgeskop. Hulle het Engeland gisteraand in Verona, Italië met 30-22 in hulle eerste groepwedstryd geklop. Die Junior Bokke het vyf drieë gedruk teenoor Engeland se drie. Ten spyte van die oorwinning, sê die afrigter van die Junior Springbokke, Bafana Nhleko, daar wag nog baie werk voor Dinsdag se wedstryd teen Ierland en daarna Frankryk.