Amerikaanse Bully XL-honde in VK se dae getel

Vier-duisend eienaars van die Amerikaanse Bully XL-honde in die Verenigde Koninkryk het aansoek gedoen om vrystelling, voor die verbod op 31 Desember in werking tree. Dit sal daarna onwettig wees om die honderas te verkoop, weg te gooi, te teel of weg te gee, of een in die openbaar te hê sonder ‘n leiband of ‘n muilband. Honde wat vrygestel is, moet gesteriliseer wees, met ʼn mikroskyfie. Dit sal na 1 Februarie ook onwettig wees in Engeland en Wallis om een van hierdie honde te besit. Diegene wat die diere laat uitsit kan om vergoeding aansoek kan doen.