Alweendo vergadaer op Oshikango met vulstasie-eienaars

Ná ‘n noodkreet van vulstasie-eienaars in die noorde van Namibië, het Tom Alweendo, die minister van myne en energie, vandag ‘n vergadering met belanghebbendes gehad om die kwessie van die verkoop van onwettige brandstof te bespreek. Die vergadering word beskou as die begin om ‘n oplossing te vind vir onwettige aktiwiteite wat nie net die besigheidseienaars benadeel nie, maar ook die ekonomie van die land. Die vergadering is met die gemeenskappe van Omusati en Ohangwena op Oshikango gehou. Die sakeman en eienaar van ‘n diensstasie, Jafet Nakanue, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sy mening oor die vergadering gedeel.