Vliegtuigkaartjies in Afrika te hoog

Gereelde lugreisigers in Afrika meen die koste van vliegtuigkaartjies is te hoog. Die kwessie is so ernstig dat die Afrika Lugvaartbedryfsgroep virtueel vergader het om die oorsake van die hoë koste van vliegtuigkaartjies te bespreek en te takel. Anthea Basson, nasionale inligtingsbeamptes van die Verenigde Nasies se Inligtingsentrum het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.