Alweendo bespreek litiumerts-uitvoere in NV

Die minister van myne en energie Tom Alweendo het vandag in die Nasionale Vergadering die kwessie oor litiumerts-uitvoere van die Chinese firma Xinfeng Investments aangespreek. Hul litiumerts-uitvoere is tydelik opgehef om die maatskappy in staat te stel om kontraktuele verpligtinge na te kom. Dit sal tot 29 November toegelaat word. Die minister sê die publiek is bekommerd dat die maatskappy nie betaal wat die staat toekom nie. Alweendo het bevestig dat hy persoonlik die maatskappy se mynbedrywighede net buite Omaruru in die Daures-kiesafdeling, besoek het. Alweendo het ook die Walvisbaai-hawe besoek om die hoeveelheid litiumerts waar te neem wat daar voor uitvoer gestoor word. Hy het ook die wyse waarop eksplorasielisensies toegeken word, bespreek.