Almal, ook Russiese burgers, moet teen oorlog opstaan

Dit wil voorkom asof die vergadering tussen die Oekraïnse President Volodymyr Zelensky en sy Russiese eweknie Vladimir Putin wel vandag op die grens tussen Oekraïne en Belarus sal plaasvind, alhoewel Zelensky reeds aangedui het hy hou nie veel hoop uit nie. ‘n Oekraïnse burger Anna Grechishkina wat vroeër vanoggend by Kosmos 94.1 Nuus gekuier het, sê almal in die wêreld, Russiese burgers ingesluit moet opstaan teen oorlog.