Hoogte klagte deur SA-vervoermaatskappye raak nie Nam nie

Reaksie word ontvang oor berigte uit Suid-Afrika dat vervoermaatskappye boos is oor nuwe wetgewing wat vragmotors se hoogte beperk op 4,3 meter. Volgens die maatskappye is die standaard laer as in buurlande en hul eis ‘n aanpassing. Stefan Terblanche, uitvoerende hoof van FP du Toit Transport sê dit het geen impak op hul bedrywighede nie. Hy voeg by dat vervoermaatskappye soms hul vragmotors te hoog laai.