All Blacks sak terug na 5de plek

Die All Blacks het teruggesak tot die vyfde plek op die jongste wêreldranglys nadat die Springbokke hulle in Saterdag se Rugbykampioenskaps-toets in Mbombela 26-10 geklop het. Die Bokke bly in die derde plek, maar het eweveel punte as Frankryk wat in die tweede plek is. Ierland is steeds heel bo. Dit is die laagste posisie wat Nieu-Seeland nog ooit beklee het. Die land het sedert die instelling van die ranglys in 2003 die boonste posisie oorheers. Engeland is nou in die vierde plek, Australië lê sesde en Skotland sewende. Wallis, Argentinië en Japan voltooi die top-tien.