Vermeende kinderverkragter vas in Gauteng, polisie soek nog slagoffers

Lede van die Johannesburgse Metropolisie het ʼn 25-jarige verdagte in hegtenis geneem op aanklagte van statutêre verkragting. Die woordvoerder van die Metropolisie, Xolani Sihla sê die verdagte het na bewering vier minderjariges tussen agt en tien jaar in sy woonstel in die Johannesburgse sakekern verkrag. Volgens Sihla is ʼn ondersoek begin om te bepaal of die verdagte ook ander kinders verkrag het: