Agribank se skuldinvordering styg vanjaar met 13%

Agribank het ‘n toename van 13 persent in sy skuldinvordering vir die finansiële jaar 2020-2021 aangeteken, wat neerkom op 365 miljoen Namibiese dollar, vergeleke met 323 miljoen dollar vir die vorige jaar. Fillemon Nangonya, skakelbeampte van Agribank, het gesê die bank se akkommoderende skuldinvorderingstrategie, wat onder meer pro-aktiwiteit in kommunikasie met kliënte behels vir vroeë probleem- en risiko-identifikasie, buigsame terugbetalings-opsies en noukeurige monitering van leningsprestasies, het die bank gehelp met skuldinvordering van boere.