ANC se NUK vergader die naweek oor koaslisies

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee vergader die naweek om ‘n verslag oor potensiële koalisie-ooreenkomste te bespreek. Dit volg nadat die party gister bekend gemaak het hy het al sy verbintenisse afgehandel met ander politieke partye waarmee hy gaan saamwerk in munisipaliteite waar nie ‘n volstrekte meerderheid behaal is nie. Die ANC sê hy het vennootskappe aangegaan met politieke partye wat daarop gemik is om mense eerste te stel. Die party sê saam met sy vennote sal hy van alle nodige middele gebruik maak om korrupsie te beëindig.