Agribank plaas weer Witvlei-abattoir in die mark

Die Witvlei-abattoir is weer deur Agribank in die mark geplaas. Die uitgebreide aanbod deur die bank kom terwyl miljoene dollar belê is in ‘n nuwe maatskappy, die Beesvleis Waardekettingforum, wat as abattoir sal dien sowel as waarde toevoeg aan Namibiese beesvleis. Fillemon Nangoya, woordvoerder by Agribank het meer besonderhede met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.