Rundu se paaie word op slakkepas herstel

Die padinfrastruktuur op Rundu lok reeds ‘n geruime tyd reaksie uit. Die dorpsraad het nie geld nie en inwoners sê hulle kan nie die paaie gebruik nie. Daar is vroeër vanjaar onderneem om herstelwerk te doen maar volgens Vinsent Kanyetu, die sekretaris-generaal van die All People’s Party, vorder dit uiters stadig.