Afrika moenie voorgeskryf word hoe om sy wild te bewaar nie

‘n Namibiese professionele jagter het gereageer op Namibië en Botswana wat by die COP19 Cites-beraad in Panamastad in Panama daarin geslaag dat een van hul belangrikste voorstelle oor witrenosters goedgekeur word. Namibië het saam met Botswana ‘n voorstel ingedien dat die Suidelike witrenoster vanaf Appendiks I na Appendiks II verskuif word om die internasionale handel in lewende witrenosters toe te laat vir slegs bewaringsdoeleindes en jagtrofeë. Afgevaardigdes by die Cites-beraad het egter beklemtoon dat die handel in witrenosters streng gereguleer moet word. Die COP19 Cites-beraad eindig vandag. Die stigter van die Jagkonsessie-vereniging van Namibië, Jofie Lamprecht, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Hy bespreek die kwessie oor die handel in renostershoring.