DA bekommerd oor besoedelde meer in Noord-Kaap

Die DA in die Noord-Kaap is bekommerd dat die watergehalte van die R31-meer tussen Kimberley en Barkly-Wes nie behoorlik geverifieer is nie. Dit is ondanks planne om die water na die Vaalrivier te herlei. Die DA-lid, Delmaine Christians, sê tydens ‘n onlangse toesigbesoek het die LUR vir paaie en openbare werke, Fufe Makatong, aan die openbare beskermer, Kholeka Gcaleka, gesê die departement van water en sanitasie is tevrede dat daar geen besoedeling in die water is nie.