‘Afrika-jeug’ moet demografiese dividende oes’

Die bekende Namibiese ekonoom en analis, John Steytler is van mening dat daar wesenlike geleenthede vir Afrika se jeug geskep moet word. Hy beskryf dit as demografiese dividende wat hy meen deur jongmense ‘ge-oes’ moet word. Dit is die verantwoordelikheid van die vasteland se volwassenes om daardie spreekwoordelike oes in die grond te sit. Hy sê beide sport en kreatiewe industrieë is uiters belangrik in die verband. Meer as 60 persent van Afrika se bevolking is jonger as 25 wat óf ‘n groot geleentheid óf ‘n groot uitdaging kan bied. In ieder geval meen Steytler dat Afrikane van 35 nie op hulle ouers moet staatmaak nie, maar dat dit eerder anders om moet wees.