Uhm, F1 en YouTube verdien dieselfde…

Die wêreld het verander… dis verseker. Vergelyk kantoorwerk voor ‘n rekenaar of in ‘n raadsaal, met ‘n YouTube-video… YouTube verdien meer geld. Die top-YouTuber vir 2021 is MrBeast, of die 23-jarige Jimmy Donaldson, wat toertjies op sy platform doen. Hy het 54 miljoen Amerikaanse dollar in 2021 verdien. Dis 829 miljoen Namibiese dollar. Lewis Hamilton het 55 miljoen Amerikaanse dollar verdien verlede jaar. MrBeast het 10 miljard besoeke op sy platform gehad. En dit raak al erger… Die tien-jarige Ryan Kaji het sewende plek behaal met inkomste van 27 miljoen Amerikaanse dollar met Ryan’s World – video’s van wat hy daagliks doen of waarheen hy reis. Die top-tien YouTubers het verlede jaar gesamentlik 300 miljoen Amerikaanse dollar verdien. En ons trek mooi aan, gaan kantoor toe en skuif papiere rond.