AfriForum sê egpaar wreed op plaas aangeval

Die burgerregtegroep AfriForum het bevestig ‘n egpaar van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal is wreed aangerand op hul plaas terwyl hul aanvallers geskree het, “Kill the Boer, kill the Farmer”. AfriForum se woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, sê vier aanvallers het toegang tot Tim en Amanda Platt se plaashuis verkry en die egpaar aangerand. Broodryk sê AfriForum sal volgende week in die Appèlhof in Bloemfontein verskyn om appèl aan te teken teen die Gelykheidshof se beslissing dat die “Kill the Boer”-slagspreuk nie haatspraak is nie.