AfriForum kry energiereguleerder voor stok

AfriForum het die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika gevra om te verduidelik of hy steeds munisipaliteite verplig om kostestudies in te dien wanneer hulle aansoek doen vir tariefverhogings. Verbruikers wat elektrisiteit by munisipaliteite koop kan dalk vanjaar ʼn verhoging vryspring omdat Nersa nie ʼn Hooggeregshof-bevel toegepas het wat na verwagting tot laer elektrisiteitstariewe sou lei nie. AfriForum se woordvoerder, Morné Mostert, sê die hof het in Oktober 2022 bevind die wyse waarop Nersa jaarliks munisipale elektrisiteitstariewe bepaal, is onwettig: