Eiendomsmark vir jongmense verbeter

Onlangse ontwikkelings in die eiendomsmark het ‘n verbetering in aanbiedinge vir jong professionele persone getoon. Ontwikkelings soos Ongosvallei is ‘n goeie plek om te begin vir jong professionele persone. Om die eiendomsmark verder te onderhou, het die Namibiese regering ook beleide geïmplementeer om dit vir mense makliker te maak om eiendom te koop en te verkoop. Die tyd wat dit neem om eiendom te registreer is byvoorbeeld van ses maande tot net twee weke verminder. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hillie Valombolah, ‘n plaaslike eiendomsagent, wat ‘n oorsig van die eiendomsmark gee.