AfriForum Jeug hof toe oor wanbesteding van studente-hulpfonds

AfriForum Jeug eis die vervolging van diegene wat verantwoordelik is vir die wanbesteding van meer as 77 miljard Suid-Afrikaanse rand by die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente. Die jeugorganisasie het vandag strafregtelike klagtes teen hulpskema by die Lyttelton-polisiestasie in Pretoria ingedien. ’n Verslag toon daar was die afgelope twee boekjare onreëlmatighede by die hulpskema. Die woordvoerder van AfriForum Jeug, René van der Vyver, sê hoewel die Spesiale Ondersoekeenheid in Augustus met ondersoeke na wan-administrasie en korrupsie begin het, is niemand nog vervolg nie.