Premier sê oor Neckartaldam se besproeiingskema

Die Namibiese eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila is tans op besoek in die Suide. Sy het met tradisionele leiers op Keetmanshoop in die Karas-streek vergader. Die vergadering is bygewoon deur die streeksgoewerneur, Aletha Frederic, en leiers van vier tradisionele owerhede in die streek. Verskeie kwessies is bespreek rakende desentralisasie, ontwikkelingsprojekte in die streek, die grondwetsontwerp, die wetsontwerp op voorvaderlike grond, hervestiging en die volksmoord. Die eerste minister het ook die Neckartaldam besoek en sy hoop dat die besproeiingskema van die dam spoedig van stapel gestuur word om die landbousektor en  ekonomie te ondersteun.