IATA kondig Wings of Change Focus Africa-konferensie aan

Die Internasionale Lugvervoervereniging, IATA, het sy tweede Wings of Change Africa Focus-konferensie aangekondig, wat in Julie in Johannesburg aangebied word. Deel van die vereniging se Focus Africa-inisiatief is om die rol van lugvaart te vergroot in die ontwikkeling van Afrika. Die visepresident van die IATA-streek, Kamil Alawadhi, wys op die onontginde potensiaal van lugvaart. Die konferensie sal onder meer handel oor veiligheid, sekerheid en volhoubaarheid.