Gauteng-paramedici hou optog teen aanvalle

Lede van Gauteng se mediese nooddienste beplan om vandag ‘n optog te hou teen aanvalle op paramedici. In die jongste voorvalle is nooddienspersoneel Dinsdag in Boksburg met vuurwapens gedreig, terwyl personeel ook aangehou is tydens die hantering van ‘n mediese geval in Eersterus in Tshwane. Kwara Kekana van die provinsiale gesondheidsdepartement sê die paramedici gaan deelneem aan ‘n drie-kilometer optog: