Guardiola sê hy het groot respek vir Ten Hag, voor FA Beker-eindstryd

Sokker: Pep Guardiola sê hy het groot respek vir Erik te Hag ondanks ‘n aaklige seisoen vir Manchester United. Manchester City se bestuurder wil nog geskiedenis maak in vandag se FA Beker-eindstryd. City vier reeds ‘n ongekende vier Premierliga-titels in ‘n ry en sal die eerste span word om die liga én die FA Beker twee keer na mekaar te wen as hy United op Wembley klop. United het ses van sy vorige wedstryde teen City in alle kompetisies verloor. Hulle het agtste geëindig in die Premierliga.