ActionSA onttrek aan DA-koalisievennootskap in Ekurhuleni

ActionSA onderneem om sy steun aan die koalisievennootskap in Johannesburg en Tshwane voort te sit nadat hy vroeër aangekondig het hy onttrek uit die koalisie met die DA in die Ekurhuleni-metro aan die Gautengse Oos-Rand. Die voorsitter, Michael Beaumont, sê die party sal hom by die opposisie in Ekurhuleni skaar. Volgens die party is hy besorg oor die onbestendigheid van die minderheidsregering.