Murorua: Talle trekarbeiders in houtskoolbedryf

Reaksie is ontvang op die kwessie van trekarbeiders in Namibië. Die sekretaris-generaal van die Vakbondkongres van Namibië, Mahongora Kavihuha, sê kommunale boere kom nie arbeidswette na nie, maar dat trekarbeiders ook die reg het tot waardigheid en beskerming. Die meeste werkers is van Zambië afkomstig. Daar is ook kommer oor kinderarbeid in die noordoostelike streke. Die Kavango-Oos Boerevereniging se voorsitter, Adolf Muremi, sê daar is ‘n behoefte om die omvang van trek- en kinderarbeid in kommunale gebiede te bestudeer. Dudu Murorua, ‘n voormalige goewerneur van die Kunene-streek, gee sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus.