ActionSA kondig sy nuwe Tshwane-3 aan na voriges uit party geskors is

ActionSA in Gauteng het sy kandidaataanwysingsproses afgesluit na ‘n volledige hersiening van sy proporsionele verteenwoordigingslys in Tshwane. Dit volg na die beëindiging van die lidmaatskap van drie raadslede wat glo saam met die ANC en die EFF gewerk het. James de Villiers van ActionSA sê die hersiening het gelei tot die Onafhanklike Verkiesingskommissie se goedkeuring van Mark Boikanyo, Hluphi Gafane en Derick Mahlangu as nuwe raadslede van die stad: