Robertson vat All Blacks-leisels by Foster oor

Scott Robertson gaan die All Blacks se hoofafrigter van 2024 af wees. Die 48-jarige gaan verdere sleutelaanstellings vir sy afrigtings- en bestuurspan aankondig voor hy amptelik sy nuwe rol opneem na die afsluiting van vanjaar se Rugby-wêreldbeker.  Robertson se kontrak strek tot die einde van die 2027 Wêreldbeker. Hy volg die huidige hoofafrigter, Ian Foster, op wat die All Blacks tot die afsluiting van vanjaar se Wêreldbeker in Frankryk afrig.