Man wat blykbaar stiefseun, 5, vermoor, verskyn weer op Walvis

Die vermeende moordenaar van die vyf-jarige Wilfred Eiseb wie se liggaam in die duine by Narraville ontdek is, sal vandag weer in die hof op Walvisbaai verskyn. Die 29-jarige Rikki Narib het op 9 Januarie in die landdroshof verskyn. Hy is die stiefpa van Eiseb, en het onskuldig gepleit. Hy is borgtog geweier en sy saak is tot vandag uitgestel vir verdere polisie-ondersoek. Narib het aangedui hy sal sy eie regsverteenwoordiging waarneem.